Padbeskrywings

Roetekaart -
klik hier
Algemene Inligting:
1) Die R332, of T1, deur die Baviaanskloof is tans nog 'n openbare
pad waarvoor geen permite benodig word om dit te gebruik nie. (Daar is op
die oomblik gesprekke aan die gang om die pad af te gradeer en te sluit,
maar geen besluite is nog geneem nie.)
Sodra die reisiger afdraai van die pad na een van die piekniek- of
kampplekke toe, moet vooraf 'n permit van die departement van Omgewingsake
en Toerisme bekom word.
2) Dit is 'n goeie idee om die gasheer in die Baviaanskloof vooruit te laat
weet wanneer die gebied ingegaan word. Skakel vanaf
Patensie/Uniondale/Wilowmore. Maak ook seker dat 'n familielid of vriend bewus is van die
voorgenome reis en bestemming.
2) Zandvlakte is reg in die middel van die westelike gedeelte van die
Baviaanskloof geleë
4) Daar is geen selfoonontvangs in die Baviaanskloof nie.

Pad Afstande:
Afstand tussen:
Willowmore en Patensie:
± 200 kilometer.
Reistyd: ononderbroke: 6 - 8 ure. Glad nie 'n goeie idee om dit in die nag
te doen nie!
Gemiddelde spoed: 20 - 40 km/ uur vanaf Geelhoutbos tot in Cambria. Die
bewaringsgebied beslaan 160 000 hektaar.
Willowmore na Zandvlakte: ± 98 km.
Reistyd: ±1½ uur.
Gemiddelde spoed: 70 km / uur.
Digter bevolk, maar nog steeds groot afstande tussen plase.
Zandvlakte na Patensie: 99 km.
Reistyd: 4 ure - ononderbroke.
Gemiddelde spoed: 20 - 40 km / uur.
Zandvlakte is die laaste plaas voordat die bewaringsgebied ingegaan word
vanaf Willowmore.

Voorbereiding:
Voertuie moet in 'n baie goeie toestand wees, en beslis padvaardig!
Bande moet in 'n goeie toestand wees.
Noodvoorraad moet insluit:
* nuwe waaierband;
* vonkproppe
* goeie noodwiel
* nuwe binneband
* herstelgoed vir binnebandlosebuitebande
* herstelgoed vir gewone bande (puncture repair kit)
* water
* flits en vuurhoutjies
* komberse
* kos
* goeie loopskoene
Voorgestelde bandvellings: 15 of 16 duim.
DIE PAD IS NIE GESKIK VIR SEDANVOERTUIE OF KARAVANE NIE!!
WENK: Parkeer die voertuig in rat, en de-aktiveer die handrem. Die
asbesvoerings in die remdrom swel van die water en sluit dan op die wiel. Om
dit te voorkom
moet die voertuig ten minste 12 ure in-rat geparkeer word.
WEES BAIE GOED VOORBEREID !
Padaanwysings:
Willowmore na Zandvlakte:
Vanaf
Willowmoree: Ry suid in die rigting van Uniondale op die George/Knysna pad.
Drie kilometer buite die dorp is die afdraai na Baviaanskloofberge - links.
Zandvlakte is ongeveer 1½ uur se ry van Willowmore af. Moet nerens afdraai
nie. Volg net die pad, deur Nuwekloofpas, en hou aan ry, totdat 'n kerkie
met 'n rooi dak op die linkerkant, na ongeveer 'n uur se ry vanaf
Nuwekloofpas, bereik word. Ry nog 1.5 kilometer verder en draai regs by die
bordjie wat sê "Piet en Griet se Plek".
NUWEKLOOFPAS - is die begin van die Baviaanskloof.
Hou te alle tye LINKS regdeur die Baviaanskloof, en moenie op draaie stop om
foto's te neem nie!! Stop (verkieslik van die pad af) altyd waar die
voertuig in beide rigtings sigbaar is vir aankomende verkeer. Stap liewer 'n
ent terug.
***
Uniondale to Zandvlakte: - :
Volg die
Willowmore/Graaff Reinette roete noord totdat die Baviaanskloof/Vaalwater
padbord bereik word. Draai regs. Volg die pad vir ± 17 kilometer tot by die
t-aansluiting. Draai links. Ry ±15 kilometer tot by die volgende
padaansluiting. Draai regs na Baviaanskloof. Nuwekloofpas begin sowat 4
kilometer verder. Volg die roete soos vanaf Willowmore beskryf verder.
***
Patensie na Zandvlakte:
Volg die pad deur
Hankey, Patensie, Cambria. Ry regdeur die hele bewaringsgebied tot by die
kliphek wat die westelike grens aandui. Zandvlakte se opstal is sowat 4
kilometer verder op die linkerkant geleë.
WEES GOED VOORBEREID EN GENIET DIE ERVARING


klik hier
2) Dit is 'n goeie idee om die gasheer in die Baviaanskloof vooruit te laat weet wanneer die gebied ingegaan word. Skakel vanaf Patensie/Uniondale/Wilowmore. Maak ook seker dat 'n familielid of vriend bewus is van die voorgenome reis en bestemming.
2) Zandvlakte is reg in die middel van die westelike gedeelte van die Baviaanskloof geleë
4) Daar is geen selfoonontvangs in die Baviaanskloof nie.


Bande moet in 'n goeie toestand wees.
Noodvoorraad moet insluit:
* nuwe waaierband;
* vonkproppe
* goeie noodwiel
* nuwe binneband
* herstelgoed vir binnebandlosebuitebande
* herstelgoed vir gewone bande (puncture repair kit)
* water
* flits en vuurhoutjies
* komberse
* kos
* goeie loopskoene
Voorgestelde bandvellings: 15 of 16 duim.
DIE PAD IS NIE GESKIK VIR SEDANVOERTUIE OF KARAVANE NIE!!
WENK: Parkeer die voertuig in rat, en de-aktiveer die handrem. Die asbesvoerings in die remdrom swel van die water en sluit dan op die wiel. Om dit te voorkom
moet die voertuig ten minste 12 ure in-rat geparkeer word.
WEES BAIE GOED VOORBEREID !
Padaanwysings:
Willowmore na Zandvlakte: Vanaf Willowmoree: Ry suid in die rigting van Uniondale op die George/Knysna pad. Drie kilometer buite die dorp is die afdraai na Baviaanskloofberge - links.
Zandvlakte is ongeveer 1½ uur se ry van Willowmore af. Moet nerens afdraai nie. Volg net die pad, deur Nuwekloofpas, en hou aan ry, totdat 'n kerkie met 'n rooi dak op die linkerkant, na ongeveer 'n uur se ry vanaf Nuwekloofpas, bereik word. Ry nog 1.5 kilometer verder en draai regs by die bordjie wat sê "Piet en Griet se Plek".
NUWEKLOOFPAS - is die begin van die Baviaanskloof.
Hou te alle tye LINKS regdeur die Baviaanskloof, en moenie op draaie stop om foto's te neem nie!! Stop (verkieslik van die pad af) altyd waar die voertuig in beide rigtings sigbaar is vir aankomende verkeer. Stap liewer 'n ent terug.
***
Uniondale to Zandvlakte: - : Volg die Willowmore/Graaff Reinette roete noord totdat die Baviaanskloof/Vaalwater padbord bereik word. Draai regs. Volg die pad vir ± 17 kilometer tot by die t-aansluiting. Draai links. Ry ±15 kilometer tot by die volgende padaansluiting. Draai regs na Baviaanskloof. Nuwekloofpas begin sowat 4 kilometer verder. Volg die roete soos vanaf Willowmore beskryf verder.
***
Patensie na Zandvlakte: Volg die pad deur Hankey, Patensie, Cambria. Ry regdeur die hele bewaringsgebied tot by die kliphek wat die westelike grens aandui. Zandvlakte se opstal is sowat 4 kilometer verder op die linkerkant geleë.
WEES GOED VOORBEREID EN GENIET DIE ERVARING











