Baviaanskloof Akkommodasie

Zandvlakte is 'n operasionele plaas wat
oornag-akkommodasie aanbied in gerestoureerde
geboue. Die geboue dateer terug vanaf
1811 tot in die laat 1900's. Moderne toevoegings
aan die geboue is met die tyd saam gedoen.


Die Winkeliershuis
Oorspronklik gebou in die tipiese Karoo Georgiaanse styl, wat sowat tagtigjaar later met Victoriaanse toevoegings verander is. Die oorspronklike winkeltoonbank sowel as die sitbankies waarop die mense vir hulle pos gewag het, is in die huis te sien. Die pos is per ossewa en later met die spoorwegbus afgelewer.
Geelhoutomraamde spieëls word in die badkamers gebruik.
slaap 6 mense: 3 slaapkamers, 2 badkamers; onderdak braai, volledige toegeruste kombuis met 4-plaat elektriese stoof met oond, ys/vrieskas, mikrogolfoond
Winkeliershuis: Leefarea
Slaapkamers
Badkamers
 
Badshuis:
Die historiese ou Badshuis, oorspronklik voor 1900
as 'n solarium gebou, is in 2008 omskep in akkommodasie
vir twee persone. Slegs vir Aandete bed en ontbyt gaste, nie
toegerus vir selfbedien nie.

1 Ensuite slaapkamer met 'n ruim leefarea geskik vir
2 persone. Die oorspronklike solarium, wat as 'n buite
badkamer vir die mans van die huishouding gebou was,
het 'n bad, groot genoeg om tien mans te akkommodeer,
sowel as 'n aangrensende aantrekkamer bevat.
Die mans moes in pakke klere en dasse aansit vir aandete!
 
Zandvlakte Kothuis:
















Dit was die eerste residensiële gebou op die plaas, gebou in 1817,
met klip en modder, as 'n hartbeeshuisie, met misvloere en
velafskortings. Die rietdak was op handgeskaafde
geelhoutbalkwerk met leerriempies vasgebind.
Stinkhoutpenne was gebruik om die geelhoutbalkwerk te anker.
Die oorspronklike balkwerk en mure is nog steeds ingebruik.
6 mense: 1 privaat slaapkamer met 4 enkel beddens in die
oopplan area. Twee van die vier beddens is in die solder.
1 badkamer
Tenvolle toegerus vir selfbedien.
Elektrisiteit


Bosvlakte









Die oorspronklike skool met skoolkoshuis was by Bosvlakte
geleë en het deel uitgemaak van Zandvlakteplaas. Die huis
was die woning van die koshuisouers en het tegerlykertyd
ook gedien as een van die voormanshuise van Zandvlakte. Adv. J.G.Strijdom, die seun van vroeëre eienaars van Zandvlakte,
het ook daagliks hier skoolgegaan, maar was nie woonagtig
in die koshuis nie. Die huis is deur die huidige eienaars,
Robert en Trish van Zyl gerestoureer met talle Africana in
die huis uitgestal. Verskillende voormanne het as
koshuisvaders ook gedien terwyl hulle werksaam was op
die plaas.













Bosvlakte akkommodeer 6 mense.
3 slaapkamers: een dubbelbed, 4 enkelbeddens;
2 badkamers waarvan die binnenshuise badkamer
'n stort, bad en toilet bevat. Buitekamer bevat
'n stort en toilet.
Onderdak braai.

 

ROOIKLOOF
'n Voormanshuis, wat ook oorspronklik deel uitgemaak het van Zandvlakteplaas, dateer uit die vroeë 1900's en is in die 1990's 
deur die huidige eienaar, Stefan Roux, gerestoreer.
Akkommodeer 6 mense









3 slaapkamers
1 badkamer
Ten volle toegerus vir selfbedien.
Geen elektrisiteit: kerse en gas.  Onderdak lapa buite


Hessehuis
'n Oorspronklike werkershuisie wat in die tradisionele styl gerestoureer is, deur die huidige eienaar, Stefan Roux, met die beddens en eetkamertafel in een vertrek, terwyl die tenvolle toegeruste kombuisie, sowel as die badkamer, soos tradisioneel die geval was, as buitegebou aangebring is.
2 mense
1 slaapkamer
1 badkamer met stort en toilet
klein kombuisie - met 'n 4-plaat gasstoof, klein gasyskassie en alle ander toebehore wat vir selfbedien benodig word.
Geen elektrisiteit: kerse en gas.
 
Afstande tussen huise:
Winkeliershuis, Badshuis en Zandvlakte rietdakhuis vorm deel van die historiese ouwerf
.
Zandvlakte na Bosvlakte: 2 km.
Zandvlakte na Rooikloof en Hessehuis: 4 km.
Bosvlakte na Rooikloof/ Hessehuis: 2 km
Hessehuis vanaf Rooikloof: 50 meter - naby mekaar. Loopafstand.

Zandvlakte is in die middel van die Baviaanskloof geleë en het geen internet, of ander elektroniese geriewe beskikbaar vir gaste nie in die kothuise nie.

Die leefwyse is ontspanne, kaalvoet, informeel, rustig.

Ontspanningsgeriewe sluit in laataandkuiers, stap, lees, voëlskyk, swem in plaasdamme, rivierpoele en slaap !!

NOTA: Zandvlakte is nie 'n publieke vakansie-oord, Lodge, gastehuis, of hotel nie. Dit is 'n privaatplaas waarop gaste deur die eienaars ontvang word.

Die reg van toegang word streng deur die eienaars voorbehou. Slegs 'n baie beperkte aantal mense word op die eiendom toegelaat per dag om die ondervinding uniek te hou. Die gaste ervaar stilte en onbeperkte ruimte.

Wees goed voorbereid op die stilte en wildheid!
 
Nota!!
Geen troeteldiere word toegelaat nie!

Aandete, Bed en Ontbyt is beskikbaar slegs met vooraf besprekings.
Bespreek vroegtydig!

 

 

 Tuisblad |

[XHTML 1.0] [CSS]